Musiekfabriek
   

Alicia Bosch - SA kunstenaar

Alicia moes die Jeugkoor los as gevolg van te veel aktiwiteite by en na skool. Alicia se liefde vir sang kom al ‘n lang pad. Van kleuterskool dae het sy al gewys wat in haar steek. Op talle wyses maak sy haar verskyning op die verhoog of dit nou sang, dans of toneelspel is.

Dolf Brits (van Dolf Brits Studio’s) en Rian Swanepoel (van Protrax) het by geleentheid al gese dat Alicia meer profesioneel is in die ateljee as ‘n paar van die profesionele kunstenaars. Alicia se liefde vir sang het in ‘n groot passie omgesit wat diep in haar hart vas steek. Na skool tree sy by verskeie funksies en feeste op. Sy het al die voorprogram gedoen vir onder andere Bok van Blerk, Jammies Jamneck, Zack du Plessis en Shine 4. Sy was in Desember 2008 een van die kunstenaars wat die vakansieprogram by Loskopdam aangebied het.

STOKPERDJIES

Hou daarvan om krieket en rugby te kyk.

Het Netbal en Motorsport beoefen. Alicia het provinsiale kleure vir Motorsport behaal.  In Netbal het sy tot by Streeksproewe gevorder.

Sy hou baie daarvan om nuwe mense te ontmoet en met hulle sosiaal te verkeer.

Alicia Bosch is 'n opkomende kunstenaar wat optredes doen met alle geleenthede soos troues, verjaarsdae en werksfunksies. Sy het 'n cd laat op neem met die titel My Way en daar is verskillende titels (cover songs) opgeneem waar Alicia haar sang goed bemeester. Die cd is te koop met al haar funksies.

 Feeste en byeenkomste al betrokke as kunstenaar:
- Kierieklapperfees (Potgietersrus)
- Biltongfees (Koster)
- Paddadorsfees (Vrede)
- Anglo Gold Family day (open vir Shine 4)
- Toer saam met die span van "Maak 'n Las"

- Aardklop – Klip-innie-bos . . . ens.
Ek het al die voorprogram gedoen vir onder andere Bok van Blerk, Jammies Jamneck, Zack du Plessis en Shine 4. Ek was in Desember 2008 een van die kunstenaars wat die vakansieprogram by Loskopdam aangebied het.

 Volgende jaar se hoogtepunte wat ek na uitsien:

- KKNK per uitnodiging (Klipdrift)

- Aardklop per uitnodiging (Klipdrift) vir die 2de jaar

Vir verdere navrae en besprekings kontak gerus MUSIEKFABRIEK deur gebruik te maak van ons Kontakvorm op die hoofblad

 

Bespreek SA kunstenaars

kalahari.net

 

tuisblad

Kontak-ons

gasteboek

verwys-na-vriende

skakels

radio-stasies

nuutste cd vrystellings

SA kunstenaars

promoters

orkeste

musikante

mobile disco's

karaoke dj's

klank ingeneurs

kul kunstenaars

komediante

MC en sprekers

musiek onderrig

Lodges en Venues

Pubs en Restaurante

Hotelle en Vakansie oorde

Spyseniers dienste

Gratis afrikaans midi