Musiekfabriek
   

Jou soektog na ordentlike SA musiek en vermaak eindig hier.....

want ons gee die klient graag die beste Professionele diens ! !

 

Musiekfabriek verskaf Top SA kunstenaars, Country sangers, een man orkeste, opkomende sangers, musikante, orkeste, boere orkeste, mobile disco's, karaoke dj's, kul kunstenaars, promoters en vele meer. Jy noem dit en ons help jou waarmee ons instaat is.

Musiekfabriek is die Musiek promoters maatskappy wat alle kunstenaars gelyke regte gee vir blootstelling in die publiek en daarom bemark ons elkeen wat betrokke is in die musiek bedryf. Musiekfabriek se bemarking struktuur word baie professioneel gedoen. Al ons Kunstenaars doen kwaliteit vertonings en pas hulle vertonings aan van tyd tot tyd. Ons voorsien aan elke kliƫnt se behoeftes en daarom sal ons nie skroom enige aktiwiteit, geleentheid of funksie weg te wys nie.

 

Musiekfabriek is op soek na SA talent in die musiek bedryf so laat ons hoor van jou !

 

Die doel van Musiekfabriek se onstaan:

  • Ons Verskaf inligting oor alle SA musiek en vermaak
  • Bemarking van Internet radio Stasies
  • Bemarking van CD / DVD vrystellings
  • Verskaf inligting oor Skoue en Feeste
  • Tree op as Musiek promotor
  • Adverteer belangrike kompetisies
  • Sang onderrig
  • Musiek onderrig
  • Gratis musiek blad / lirieke
  • Gratis midi
  • Lodges en vemues
  • Pubs en Restaurante
  • Hotelle en Vakansie oorde
  • Spyseniers maatskappye

 

Wat is die Koste om deel te wees van Musiekfabriek groep?

Dit is gratis deelname hier by Musiekfabriek. Ons vra egter net donasies met ontwikkeling van die webblad, want alle koste word deur Musiekfabriek gedelf.

Musiekfabriek vra geen koste om bemarking te doen, biografie van kunstenaars te laai op hierdie web blad nie, om op te tree as Musiek promotor en cd / dvd's te bemark. Ons sal nie privaat inligting beskikbaar stel of verkoop aan 'n derde party nie. Alle persoonlike info van Kunstenaars, orkeste, Sangers, Mobile disco's, karaoke dj's word privaat gehou en sal nie sonder toestemming uitgegee word nie.

 

Is jy 'n sanger/es, kunstenaar, orkes, mobile disco, karaoke DJ?

Musiekfabriek wil graag jou naam hoor, jou biografie, demo CD / nuutste vrystelling hier bemark. Daar is nie lidmaatskap koste nie. Stuur vir ons 'n e-pos deur gebruik te maak van die Kontak vorm.

 

SA Feeste en Skoue

Musiekfabriek bemark graag datums van Feeste en skoue wat plaas vind hier in Suid - Afrika. As jy inlgting het, stuur aan ons en ons plaas dit met graagte in ons Dagboek. Ons beoog om die jaarlikse dagboek vir Skoue en Feeste gratis beskikbaar te stel vir ons Kunstenaars. Help ook Musiekfabriek met informasie sodat ons hierdie groep kan uitbou.

 

tuisblad

Kontak-ons

gasteboek

verwys-na-vriende

skakels

radio-stasies

nuutste cd vrystellings

SA kunstenaars

promoters

orkeste

musikante

mobile disco's

karaoke dj's

klank ingeneurs

kul kunstenaars

komediante

MC en sprekers

musiek onderrig

Lodges en Venues

Pubs en Restaurante

Hotelle en Vakansie oorde

Spyseniers dienste

Gratis afrikaans midi